'n Sarong (ook saroeng, verouderd) is 'n groot stuk tekstiel wat dikwels om die middellyf gedraai word as kledingstuk. Dit word gedra in Suid-Asië, Suidoos-Asië, die Arabiese Skiereiland, Oos-Afrika, en op baie Stille Oseaan-eilande. Die stof het dikwels ruitpatrone, of kan helderkleurig wees vanweë batik- of ikatkleursel. Baie moderne sarongs het gedrukte ontwerpe, wat dikwels diere of plante uitbeeld. Verskillende soorte sarongs word wêreldwyd gedra, soos die lungi van Suid-Indië en izaar van die Arabiese Skiereiland.
Developed by StudentB